Loading…

Drie verlanges

at the house of fraser 50tigs retro in chroom om my drink ek cappucino uit 'n diepblou koppie en loer in die spieël na die gul Indiese meisie met die dik bos donker hare donker streep bokant haar lip van haar kêrel is net die hand sigbaar wat haar oor die wang streel sy weet ek kyk hoe sy gevry...

Full description

Saved in:
Bibliographic Details
Published in:Literator 2013-09, Vol.34 (2), p.1
Main Author: Viljoen, Hein
Format: Article
Language:Afrikaans
Online Access:Get full text
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:at the house of fraser 50tigs retro in chroom om my drink ek cappucino uit 'n diepblou koppie en loer in die spieël na die gul Indiese meisie met die dik bos donker hare donker streep bokant haar lip van haar kêrel is net die hand sigbaar wat haar oor die wang streel sy weet ek kyk hoe sy gevry word die skuim van die cappucino proe bitter en nikserig in die mond ek vang haar oog wat blink opgewonde in 'n donker driehoek van haar en hom en my en hom en haar sou sy skuim afskei geprikkel êrens in 'n donker driehoek van haar en my en hom opwindend opgewonde haar opwinding wen my op van sy opwinding tussen ons verstandhouding in die spieël in 'n donker driehoek van haar en hom en my en my en hom en haar mekaar in die spieël en in mekaar spieël opwindend hom en haar en my in 'n donker driehoek teugies koffie slurpend at the house of fraser met woorde werk van wors tot stronk wors rym op dors kil wit wyn nee op kole nee op mors soos dood vesels van diere ingestop nee op dop of dam klippies ja en ook steen soos 'n been soos 'n skeen dors soos in trap maar met 'n masjien 'n dreuning van pitte in die drom skud-skud van siwwe nee been op seer soos stronke jou klits waar jy rol in die blare droë wintervel vaal geskuur brandend in die ou bad op pote en die koperkraantjie wat stadig tippetoe groot swart ketel nee sis op groot swart stoof en die hakskene brand en brand en skurf geskuur vullis afgeskuur met 'n stronk ouma se paraffienwaks ingevryf en die hoes-hoes in die nag die nagse gehoes stoom en bloekomolie nee soos lepel op lewertraan hoes-hoes deur die nag ouma se spesiale mengsel bitter soos gal haar bolla yl nog altyd swart wors sis op die stronkvuur in die stoof swart stronk geel vlam swart stoof haar bolla swart haar maer geaarde hande lankal stof Katedraalvensterlig Vir Heilna lig val deur die hoë vensters reik byna nie tot by die pilare hoë stamme wat die dak so hoog soos die hemel skraag stuif donsig om die reuk van wierook verslaande stof wat nog steeds die stink van rykes probeer verdryf om die roesemoes van pseudo-pelgrims wat na die altaarstukke loer krap aan die verf wat plek-plek afskilfer dik van stemme en asems selfs in St. George's hier by ons is die lig yl dun glim dit helder op koperbakke val dit sonder misterie oor banke riempiestoele 'n psalter of wat ons moet bid vir meer katedraallig soos lig wat deursyfer in 'n bos vol hoë bome diep in die Tsitsikamma gesif deur blare gekleur met al die afwesige stemme stories van voorsate versprei op die wi
ISSN:0258-2279
2219-8237
DOI:10.4102/lit.v34i2.409