Loading…

Vyftig jaar diens aan die geesteswetenskappe s

Die begrip akademie het vandag goedkoop geword. Sport, fotografie, modelle, skoonheidsalonne gebruik almal die naam vryelik sonder dat hulle iets te make het met die klassieke oorspronklike betekenis van die woord, naamlik 'n plek van intellektuele besinning en aktiwiteite en van 'n waarde...

Full description

Saved in:
Bibliographic Details
Published in:Tydskrif vir geesteswetenskappe 2011-12, Vol.51 (4), p.461-471
Main Author: Kapp, Pieter
Format: Article
Language:Afrikaans
Online Access:Get full text
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:Die begrip akademie het vandag goedkoop geword. Sport, fotografie, modelle, skoonheidsalonne gebruik almal die naam vryelik sonder dat hulle iets te make het met die klassieke oorspronklike betekenis van die woord, naamlik 'n plek van intellektuele besinning en aktiwiteite en van 'n waardering en bevordering van skeppende werk. Dit was die benaming wat die oorspronklike stigters van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 1909 in gedagte gehad het. Hulle het selfs 'n nog meer klassieke betekenis daaraan geheg deur die natuurwetenskappe en die tegnologie nie as die werkterrein van 'n akademie te beskou nie. Die kunste en die lettere was die werkterrein van die klassieke Griekse akademie. Dit het twintig jaar se debat gekos voordat die Akademie in 1941 sy naam verander het van Akademie vir Taal en Lettere na die huidige benaming. Dit is betekenisvol dat 'n taal- en letterkundige en skrywer soos prof. DF Malherbe 'n sterk ondersteuner van die idee van 'n akademie vir wetenskap, lettere en kuns was. Hy het die Raadslede wat sy standpunt teengestaan het, as "fossiele" beskryf en op sy eie inisiatief in 1919 in samewerking met die pas gestigte Afrikaanse Studentebond 'n eie Vereniging vir Wetenskap gestig. Met die jong Louis Hiemstra, lid van die ASB se bestuur, het hy 'n eie Tydskrif vir Wetenskap begin in die verwagting dat wanneer die Raadslede van siening verander die tydskrif deur die Akademie oorgeneem kan word.
ISSN:0041-4751
DOI:10.10520/EJC20264