Loading…

Die doeltreffendheid van ’n opvoedkundige voedingspeletjie in Engels oor die behoud van kennis by Graad 5-isiZulu-sprekende leerders in KwaZulu-Natal

’n Goeie begrip van voedingskonsepte stel mens in staat om basiese kennis in optrede om te sit. Met die doen van hierdie studie is daar nog nie onder isiZulu-sprekende leerders ondersoek ingestel na ’n speletjie wat opvoedkundige voedingskonsepte in Engels toets nie. Die doelstelling van hierdie stu...

Full description

Saved in:
Bibliographic Details
Published in:Suid-Afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie 2017-02, Vol.36 (1), p.1-8
Main Authors: Van Onselen, Annette, Wiles, Nicola L., Esteves, Rebecca A.
Format: Article
Language:Afrikaans
Online Access:Get full text
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:’n Goeie begrip van voedingskonsepte stel mens in staat om basiese kennis in optrede om te sit. Met die doen van hierdie studie is daar nog nie onder isiZulu-sprekende leerders ondersoek ingestel na ’n speletjie wat opvoedkundige voedingskonsepte in Engels toets nie. Die doelstelling van hierdie studie was om die doeltreffendheid te bepaal van ’n Engelstalige voedselgebaseerde dieetriglyn-voedingspeletjie (FBDG) oor die vaslegging van voedingskennis by isiZulusprekende leerders. Die ontwerp is in die vorm van intervensie waar ’n metode van vóóren návrae en -antwoorde gebruik is. ’n Vraelys bestaande uit vyf afdelings is opgestel om die vlakke van voedingskennis vóór en ses weke ná ingryping in die vorm van ’n opvoedkundige voedingspeletjie te bepaal. Altesaam 169 Graad 5-leerders van twee skole in Sweetwaters, KwaZulu-Natal, het aan die studie deelgeneem. Voorlopige resultate het getoon dat die leerders oor gebrekkige kennis van die basiese FBDG beskik. Die vraag oor die voedselverrykingshandelsmerk het die grootste algemene verbetering met statistiese beduidendheid (p = 0.000) getoon. Die oordra van inligting met behulp van prentjies in die speletjie het die leerders gehelp om kennis oor bepaalde vrae makliker te behou. Terwyl daar min verbetering was in die behoud van kennis oor die algemeen, het die kontrolegroep ’n beduidende toename in die behoud van kennis in hulle nátoets-kennistelling (p = 0.011) waargeneem. Gebrekkige kennis van die Engelse taal kon die doeltreffendheid van die intervensie beïnvloed het. Opvoedkundige voedingspeletjies het die potensiaal om voedingskennis te verbeter. Voorkeur moet verleen word aan die verhoging van vaardigheid in Engels onder isiZulu-sprekende leerders om hulle vermoë te verbeter om voedingsinligting wat op skool geleer word, vas te lê. The effectiveness of an English nutrition education game on knowledge retention in Grade 5 isiZulu-speaking learners. A good understanding of nutrition concepts enables a person to convert basic knowledge into the ability to take action. At the time of this study a game testing nutrition education concepts in English among isiZulu speaking learners had not been investigated. The objective of the study was to determine the effectiveness of an English Food-Based Dietary Guideline (FBDG) nutrition education game on the retention of nutrition knowledge among isiZulu speaking learners. An intervention using a pre-test post-test design. A five part questionnaire was administered to dete
ISSN:0254-3486
2222-4173
DOI:10.4102/satnt.v36i1.1426