Loading…

Die uitwerking van 'n intensiewe afrigtingsprogram op die kardiostresindeks : oorspronklike navorsing

Rekrute in die gewapende magte word met talle stressors gekonfronteer, onder meer 'n strawwe opleidingsprogram wat 'n impak op hul fisiologiese funksionering kan hê. Die kardiostresindeks (KSI) is 'n nie-indringende merker van die stres wat die hart ervaar. Die berekening van die KSI...

Full description

Saved in:
Bibliographic Details
Published in:Suid-Afrikaanse tydskrif vir natuurwetenskap en tegnologie 2014-01, Vol.33 (1), p.1-6
Main Authors: Janse van Rensburg, Christa, Du Toit, Peet J., Fletcher, Lizelle, Grimes, Kristopher R., Ferreira, Ronel, Gibson, Alan St. Clair, Wood, Paola, Tope, Avinash M., Van Rooyen, Johannes M., Grant, Catherina C., Stander, Andre, Nortje, Evangeline, Joubert, Annie, Mckune, Andrew
Format: Article
Language:Afrikaans
Online Access:Get full text
Tags: Add Tag
No Tags, Be the first to tag this record!
Description
Summary:Rekrute in die gewapende magte word met talle stressors gekonfronteer, onder meer 'n strawwe opleidingsprogram wat 'n impak op hul fisiologiese funksionering kan hê. Die kardiostresindeks (KSI) is 'n nie-indringende merker van die stres wat die hart ervaar. Die berekening van die KSI is gebaseer op die duur van vaskulêre eksitasie (duur van QRS), hartkloptempo, hartritme en die standaardafwyking van die tyd wat verloop tussen elke opeenvolgende kardiale siklus (RR-interval). Die doel van die huidige studie was om die fisiologiese impak van 20 weke van strawwe opleiding op rekrute te toets, met behulp van KSI as 'n nie-indringende biomerker van kardiostres. Proefnemings is by drie geleenthede tydens die basiese militêre opleiding van rekrute, tussen die ouderdomme van 18 en 24 jaar, in die gewapende magte onderneem (week 1, week 12 en week 20) (n = 202, manlik = 115, vroulik = 87). Veranderlikes wat gemeet is, het die volgende ingesluit: rustende KSI, hartkloptempo (HKT) en bloeddruk. Data-analise is uitgevoer deur middel van gepaarde t-toetse ten einde die volgende pare te vergelyk: week 1 (basislyn) met week 12; week 12 met week 20; en week 1 met week 20. Wat die manlike rekrute betref, was die gemiddelde KSI en harttempo by al drie toetse binne normale perke. Die basislynwaardes vir vroulike rekrute was in betekenisvolle mate hoër in die eerste week. Daar was 'n algehele afname van die KSI oor die hele tydperk van 20 weke. Uit hierdie studie wil dit voorkom asof die meting van die KSI 'n nie-indringende metode is om die uitwerking van afrigting op die hart te bepaal. Influence of intense training program on cardio stress index. Armed service recruits are faced with many stressors, including a strenuous training regimen that may have an impact on their physiological functioning. The Cardio Stress Index (CSI) is a noninvasive marker of the stress that the heart is experiencing. The aim of the study was to test the physiological impact of 20 weeks of intense training of armed service recruits, using CSI as a noninvasive biomarker of cardiac stress. Armed service recruits are faced with many stressors, including a strenuous training regimen that may have an impact on their physiological functioning. The CSI is a noninvasive marker of the stress that the heart is experiencing. The calculation of the CSI is based on the duration of vascular excitation (QRS duration), heart rate, heart rhythm and standard deviation of the duration of time between each successiv
ISSN:0254-3486
2222-4173
DOI:10.4102/satnt.v33i1.1180